SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

MALAN, J.P.  and  JANSE VAN RENSBURG, J.J.. Interpretasie van die metafoor "saam met Christus gekruisig" (Gal. 2:15-21). In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.1, pp.101-126. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel poog om die metafoor Xpioτωσυνεταύρωµαι ("ek is saam met Christus gekruisig") in Galasiërs 2:15-21 geldig te interpreteer, en te bepaal watter betekenis die metafoor vir die lewe van die gelowige het. Eerstens word bepaal wat 'n metafoor is en daarna word riglyne vir die interpretasie van 'n metafoor gegee. Hierdie riglyne word op die "saamgekruisig"-metafoor in Galasiërs 2:15-21 toegepas. Die sterwe vind plaas wanneer 'n persoon tot geloof in Christus kom. Hierdie "sterwe" beteken om te sterf aan dit waaraan die gelowige gewoond was. Die gevolg hiervan is dat die wet en die sonde geen hou-vas meer op die gelowige het nie. Die gelowige lewe nie meer nie, maar Christus lewe in hom en deur hom. Die uiteinde is dat die middelpunt vir die gelowige nie meer "ek" is nie, maar God.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License