SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VAN DER WATT, J.. Johannese styl: Enkele inleidende opmerkings oor die funksionele gebruik van herhaling in die Evangelie volgens Johannes. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.1, pp.75-100. ISSN 2305-0853.

Sommige van die maniere waarop Johannes herhaling as styl-figuur in sy Evangelie gebruik, word ondersoek. Ten eerste word gefokus op die herhaalde gebruik van "ewige lewe" in die Evangelie. Veranderinge ten opsigte van die gebruik van die konsep deur die loop van die ontwikkeling van die narratief word aangedui. Daarna word die konsekwente wyse waarop die term "ewig" herhaaldelik aan die term "lewe" verbind word, in fokus geplaas. Die selektiewe gebruik en die ontwikkeling van die woord "liefde", wat dikwels gebruik word, word in die eerste twaalf hoofstukke ondersoek. Dit word gevolg deur 'n ondersoek van die funksionele gebruik van die konsep van navolging in die Evangelie. Redes vir die herhaling word vervolgens behandel.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License