SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

VAN DER WALT, B.J.. Onderweg na 'n Christelike samelewings-beskouing: Bybelse grondslae en historiese ontwikkeling. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.1, pp.1-24. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel is soos volg saamgestel: Die inleiding stel die praktiese vraag waarom Christene so min invloed op die huidige samelewing uitoefen. 'n Gedeeltelike antwoord op hierdie aktuele vraag is dat weinig Christene oor 'n denkraamwerk of samelewingsbeskouing beskik wat huile kan inspireer om betrokke te raak en dit op die regte manier te doen. In die tweede afdeling blyk uit 'n vlugtige verkenning van die moontlike oplossings vir hierdie leemte, dat 'n reformatoriese samelewings-filosofie van hulp kan wees. Die Christelike teologie en Christelike filosofie behoort in die uitbou van hierdie belangrike saak van 'n Christelike lewensvisie en perspektief op die samelewing mekaar wedersyds te ondersteun. Die bedoeling met die derde afdeling is om aan te toon dat so 'n samelewingsvisie stewig in God se Woord begrond kan word. Die laaste gedeelte bied in die lig van die onbekendheid van hierdie samelewingsbe-skouing by baie mense 'n kort historiese oorsig oor die ontstaan en ontwikkeling daarvan oor 'n tydperk van meer as 'n eeu.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons