SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.88 número1Novice Teachers' Beliefs and Fears on Bullying in Schools in South AfricaPower and Influence: Assessing the Conceptual Relationship índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

JURGENS, Coenraad; SMIT, M.H.  y  VAN DER WALT, J.L. Die rapportering van beserings in Meganiese Tegnologie-skoolwerkswinkels met die oog op die skep van n geborgenheidsruimte vir die leerders. Koers (Online) [online]. 2023, vol.88, n.1, pp.1-13. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/KOERS.88.1.2549.

Artikel 24 van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (85 van 1993) bepaal dat alle beserings in werkwinkels gerapporteer moet word. Tegnologie-onderwysers het ook volgens die gemenereg π regsplig om sulke beserings aan te meld. Sorgvuldige rekordhouding van ongelukke is een van die maniere wat gebruik kan word om ongelukke te voorkom en sodoende π veilige werksomgewing te skep. Hierdie artikel doen verslag oor bevindings van π ondersoek waartydens gebruik gemaak is van gemengde navorsingsmetodes by 220 tegniese skole in Suid-Afrika wat Meganiese Tegnologie as vak aanbied. Die doel van die studie was om die huidige stand van veiligheidsbestuur in werkswinkels in terme van die aanmelding van beserings en die rekordhouding daarvan kwantitatief en kwalitatief te bepaal. Die ondersoek het getoon dat daar nog 'n aansienlike mate van onkunde by die deelnemende onderwysers bestaan oor die voorgeskrewe aanmeldingsprosedures van beserings en die rekordhouding daarvan. In die lig van hierdie bevinding word aanbeveel dat Meganiese Tegnologie-onderwysers groter kennis behoort te dra van hulle wetlike verpligtinge en verantwoordelikhede ten opsigte van die veiligheid van die leerders in die werkswinkels. Sodanige verdiepte kennis behoort hulle ook in staat te stel om hulle werkswinkels te omskep tot geborgenheidsruimtes vir hulle leerders.

Palabras clave : Geborgenheid; de minimis non curat lex; insident; ongeluk; veiligheidsbeleid; versorgingsplig; werkswinkels.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons