SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.87 número1Power and Influence: Assessing the Conceptual RelationshipA plea for the criminalisation of stigma against ex-offenders in South Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

LATEGAN, Laetus OK  e  KOKT, Deseré. Werkplekspiritualiteit: Die vyfde evangelie vir die moderne werkplek?. Koers (Online) [online]. 2022, vol.87, n.1, pp.1-13. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.87.1.2535.

In hierdie artikel word die argument ontwikkel dat werkplekspiritualiteit deur die praktiese teologie gebruik kan word om ontwikkelings binne die werkplek te verstaan. Dit kan die kerk help om effektiewe leiding aan die kerkgemeenskap te gee om sin en betekenis binne die werkplek te vind. Die waarde van werkplekspiritualiteit vir die praktiese teologie (as wetenskap) en die kerk (as organisasie) word in die artikel gedebateer. Die artikel vertrek vanuit die standpunt dat hoewel werkplekspiritualiteit en godsdiens nie dieselfde is nie, dit ook nie geskei behoort te word nie. Die artikel gee eers aandag aan werkplekspiritualiteit en dan aan die ro van die praktiese teologie in werkplekspiritualiteit. Die besprekings oor die verskil tussen werkplekspiritualiteit en godsdiens, wat werkplekspiritualiteit is asook die onderskeie dimensies daarvan word gebruik vir 'n werkdefinisie van werkplekspiritualiteit. In hierdie artikel word werkplekspiritualiteit gedefineer as die ontwikkeling van die spirituele groei van werknemers wat doel, betekenis en gemeenskap binne organisatroriese verband skep en bevorder. Die arikel wys op drie domeine van praktiese teologie, naamlik kerk, gemeenskap en wetenskap. Die werkplek is 'n studiefokus vir die praktiese teologie. Die beoefening van werkplekspiritualiteit moet deur die praktiese teologie bestudeer word waarna 'n geloofsgebaseerde benadering tot werkplekspiritualiteit ontwikkel kan word. Dit kan betekenisvo wees om die inhoud en beoefening van geloofsgebaseerde werkplekspiritualiteit te verstaan sonder dat een geloofstradisie 'n ander oorheers.

Palavras-chave : werkplekspirituaiteit; praktiese teologie; godsdiens; verantwoordelikheid.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons