SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.87 issue1Novice Teachers' Beliefs and Fears on Bullying in Schools in South AfricaPower and Influence: Assessing the Conceptual Relationship author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

D'ASSONVILLE, Victor E.. "Die ewigheid van Christus se heerskappy" - Calvyn se uitleg van Psalm 110:1. Koers (Online) [online]. 2022, vol.87, n.1, pp.1-8. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/KOERS.87.1.2532.

Die debat oor die Messias in die Ou Testament is deur die loop van die jare van groot betekenis gewees. Temas soos die verhouding tussen die Ou en Nuwe Testament, die beskouing oor Christus, in die besonder ten opsigte van sy goddelike natuur, openbaring, Skrifbeskouing ens. - al hierdie aspekte is wesenlik vir die belydenisse van die kerk. Wanneer Calvyn se klem op die Christologie in die geheel van sy teologie en daarby sy hoë agting van die Psalms in gedagte gehou word, is 'n studie van sy besinning oor Psalm 110:1 meer as gepas om meer insig in sy eksegese te verkry. In sy verklaring van Psalm 110:1 beklemtoon Calvyn die betekenis en konsekwensies vir die kerk (sowel as die wêreld) van Jahweh wat aan die Here Christus sê dat Hy opgeneem sal word tot die regterhand van die Vader en dat sy vyande tot 'n voetbank vir sy voete gemaak sal word. 'n Ondersoek van Calvyn se eksegese toon sy agting vir die raamwerk wat deur Christus self vir die verstaan van hierdie vers verskaf is toe Hy in Matteus 22 en Markus 12 na Psalm 110:1 verwys het. Calvyn bly dus getrou aan die teks in sy verklaring daarvan, maar - soos deurgaans in sy eksegese - doen hy dit binne die konteks van die geheel van die openbaringsgeskiedenis.

Keywords : Calvyn; Messias; Christus se ewige heerskappy; Psalm 110.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License