Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Koers
versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X
Resumen
COMBRINK, Louisemarié. Spatial and temporal thresholds in installation art: Jan van der Merwe's Eclipse. Koers (Online) [online]. 2021, vol.86, n.1, pp.1-11. ISSN 2304-8557. http://dx.doi.org/10.19108/koers.86.1.2513.
Die idee van drempels en hul potensiaal om die liminale te suggereer word tipies met ruimtelikhede geassosieer. Desnieteenstaande voer ek aan dat hierdie gedagte verbreed kan word na gelaagde tydmatige drempels en tydmatige liminaliteite. Ek bied hierdie argument vanuit die kader van postklassieke narratologie as teoretiese raamwerk en met verwysing na die Suid-Afrikaanse kunstenaar Jan van der Merwe se installasiekunswerk Eclipse (2002). In hierdie werk kan h aantal tydmatige drumpels onderskei word wat telkens kwessies van konflik, bewening, uitsluiting, dophou en die suggestie van dood aan die hand doen. Dit word bewerkstelling deur die ervaring van h niemandsland wanneer die kunswerk betree word, omdat die aanskouer-deelnemer noodgedwonge h voetpaadjie moet volg wat deur doringdraad omhul is en waarop klere wat uit geroeste metaal gesuspendeer is. Hierdie reis kulmineer in h muur waarop drie skerms gemonteer het wat roosblare toon, asof in h graf. Daar word gesinspee op verskeie moontlike plekke: vlugtelingkampe, konsentrasiekampe, oorloggebiede en h begraafplaas. Ek voer aan dat hierdie ruimtelikhede moontlik gemaak word deur tydmatige drumpels wat hand aan hand met die ruimtes gesuggereer word. Benewens die patina van die geroeste materiaal wat verband hou met die verloop van tyd, stel die herhalende beweging van die blomblare in die skerms ook liminale tydsfere aan die orde binne die kunswerk as geheel, en dryf ook - op iteratiewe wyse - hierdie tydsfere op die spits om h suggestie van die dood en rou aan die hand te doen.
Palabras clave : Postclassical (visual) narratology; Installation art; Temporal thresholds; Spatia thresholds; Liminality; Eclipse.