SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.86 issue1A plea for the criminalisation of stigma against ex-offenders in South AfricaBuilding resilient communities in the midst of shame, guilt, fear, witchcraft, and HIV/AIDS author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

HENDRIKS, Chris. J.  and  DUNN, Grace F.. Faktore wat die prestasie van leerders in graad 12-Rekeningkunde beïnvloed: 'n Gevallestudie in die Noord-Kaap. Koers (Online) [online]. 2021, vol.86, n.1, pp.1-14. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.86.1.2508.

Hierdie artikel ondersoek elemente wat bydra tot die swak prestasie van graad 12-leerders in Rekeningkunde. Wat Rekeningkunde as 'n skoolvak in Suid-Afrika betref, is daar toenemende kommer oor die onderprestasie van leerders, as gevolg van die afname in leerders wat in graad 12 vir die vak inskryf, en die lae slaagsyfer in die eksamen vir die Nasionale Senior Sertifikaat. Bestaande navorsing wys daarop dat minder leerders Rekeningkunde as graad 12-vak kies en dat die prestasie van hierdie leerders onder die gemiddelde slaagsyfer is as dit met ander vakke vergelyk word. Hierdie artikel maak van 'n kwalitatiewe gevallestudie gebruik as navorsingsmetode waarin onderhoude gebruik is om data in te samel. Op grond van die gevallestudie wat in die Frances Baard-distriksmunisipaliteit in die Noord-Kaap uitgevoer is, word 'n aantal kritiese faktore geí'dentifiseer wat bydra tot die onderprestasie van leerders in graad 12-Rekeningkunde. Die aanspreek van hierdie faktore kan bydra tot die verbetering van die prestasie van leerders in Rekeningkunde. Dit is relevant vir Suid-Afrika wat 'n ernstige tekort aan geoktrooiieerde rekenmeesters en ander finansiële en ouditpersoneel ervaar.

Keywords : Rekeningkunde; Noord-Kaapse Provinsiale Regering; leerderprestasie; onderprestasie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License