SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.85 issue1Francis Schaeffer's Relevance to Contemporary ApologeticsA practical explanation of ethics as a good corporate governance principle in South Africa and New Zealand - A case study author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

ZAAIMAN, Johan. Mag en invloed: beoordeling van die konseptuele verhouding. Koers (Online) [online]. 2020, vol.85, n.1, pp.1-14. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/KOERS.85.1.2466.

Mag en invloed is kernkonsepte in die sosiale wetenskappe. As begrippe wat nou aan mekaar verwant is, is dit nie altyd maklik om hulle van mekaar te onderskei nie. In die literatuur bestaan daar uiteenlopende definisies vir mag en invloed. Daar bestaan ook verskillende beskouings oor die verband tussen hierdie konsepte. Hierdie artikel herbesoek hierdie debatte. Die navorser verduidelik die probleme om konsepte in die algemeen en veral van mag en invloed te definieer. Dit word gedoen deur te verwys na akademiese pogings om die betekenis van hierdie begrippe uit te klaar en daarby hul konseptuele verhouding te verduidelik. Daar word getoon dat die debat ingewikkeld is en dat n finale antwoord nie maklik gevind kan word nie Hierdie artikel ondersoek egter die verskille in betekenis tussen die konsepte uit die literatuur. Op grond van hierdie onderskeidings, identifiseer die navorser primêre betekenisse van die konsepte en dui die velde aan waar hierdie betekenisse oorvleuel. Hierdie artikel dra by om gebruikers van hierdie konsepte te voorsien van konseptuele bakens wat hulle kan help om die konsepte sinvol te gebruik en te integreer.

Keywords : mag; invloed; definisie; konsep.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License