SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.84 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN DER WALT, Barend. Filosofie op Potchefstroom die afgelope eeu (1917-2017) Deel 4: op die tweesprong?. Koers (Online) [online]. 2019, vol.84, n.1, pp.1-15. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.84.1.2454.

In drie vorige artikels in hierdie tydskrif is die geskiedenis van filosofie op Potchefstroom vanaf die begin van die vorige eeu tot ongeveer 2009 behandel. In hierdie en die volgende bydrae bied die skrywer, weer h vlieg teen die muur, h volgende kyk op die huidige situasie teen die einde van 2017. Soos die subtitel van die huidige artikel aandui, wil dit voorkom asof die Potchefstroomse Christelike filosofie tans voor h tweesprong te staan gekom het. Verskillende redes kan daarvoor aangevoer word, soos die voortgaande sekularisering van die Noordwes-Universiteit (NWU). h Oorsaak vir die verskille binne die Skool vir Filosofie kan moontlik ook daarin gesoek word dat dosente van buite die tradisionele Christelik-Reformatoriese tradisie bygekom het en die denkgemeenskap van meer as h eeu nie deel nie. As een voorbeeld van so h alternatiewe visie sal die akademiese agtergrond, publikasies en standpunt van prof. A.H Verhoef in h laaste (vyfde) bydrae in besonderhede nagegaan word. Die huidige artikel oor die hoofkontoere van h Reformatoriese wysbegeerte dien as agtergrond waarteen die filosofiese teologie van Verhoef in die slotartikel analiseer en evalueer sal word

Keywords : Christelik-Reformatoriese denke; filosofie; ontologiese monisme en dualisme; Noordwes-Universiteit; postmodernisme; Potchefstroomkampus; sekularisasie; Christian-Reformational thinking; ontological monism and dualism; North-West University; philosophy; postmodernism; Potchefstroom Campus; secularisation.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License