SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.84 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

WEIDEMAN, Albert. Grade van toereikendheid: die ontsluiting van vlakke van geldigheid in taaltoetsing. Koers (Online) [online]. 2019, vol.84, n.1, pp.1-15. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.84.1.2451.

Om geldigheid te konsepsualiseer bly n betwiste saak in opvoedkundige meting in die algemeen, en in taalassessering in die besonder. Geldigmaking en geldigheid kan respektiewelik opgevat word as die subjektiewe en objektiewe kante van die sistematiese argument wat gevoer kan word vir die toereikendheid van toetse. Tans word geldigmaking gekonseptualiseer as afhanklik van die interpretasie van die resultate van die instrument. Tog is dit so dat wanneer n toets 'n punt oplewer, dit 'n eerste aanduiding is van sy geldigheid Soos die geskiedenis van geldigheidsteorie ook aantoon, word daardie toereikendheid verder ontsluit met verwysing na die teoretiese regverdiging (konstrukgeldigheid) van n taaltoets Daardie logies-analitiese ontsluiting van geldigheid word verder geneem in die analogies linguale vraag: Is die toetsresultate interpreteerbaar en betekenisvol? Hierdie artikel illustreer hierdie verskillende grade van geldigheid met verwysing na empiriese analises van toetse van akademiese geletterdheid, vanaf voorskoolse toetse van ontluikende geletterdheid tot by metings van nagraadse studente se vermoë om die eise van akademiese diskoers te hanteer. Verdere ontsluitings van taaltoetsontwerp word vollediger hanteer in 'n opvolgartikel. Beide artikels bied 'n analise van hoe sulke ontsluitings verband hou met 'n teoretiese raamwerk vir verantwoordelike toetsontwerp.

Palabras clave : taaltoetsing; geldigheid; toetsontwerp; teorie van toegepaste taalkunde.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons