SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.83 issue1The struggle around the direction of Western cultureTowards authentic development author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

STRAUSS, Pieter Johannes. Die Ned Geref Kerkorde Van 1962: in samehang en voeling met die res van die lewe of werklikheid?. Koers (Online) [online]. 2018, vol.83, n.1, pp.1-12. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.83.1.2309.

Die eerste kerkorde van die nuwe Algemene Sinode van die Ned Geref Kerk in 1962 poog om Bybels en belydenismatig te wees. Daarom bou dit op konstantes of beginsels wat op die Woord van God en die belydenisskrifte van die Ned Geref Kerk gebaseer is. Hiernaas weerspieël dit norme soos blootgelê deur die samehang van die kerk met die res van die lewe of geskape werklikheid. n Werklikheid waarin daar n verskeidenheid oorspronklike aspekte is wat met mekaar saamhang. n Lewe waarin elke menslike handeling deur n aspek gelei word en die kern van ander aspekte in diens neem as norme vir optrede. Die Kerkorde van 1962 word van artikel 1 tot 70 vir sulke norme of samehange ondersoek Die vraag in die titel word bevestigend beantwoord. Die Ned Geref Kerk leef in samehang en voeling met die res van die lewe.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License