Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Koers
On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X
Abstract
CRUYWAGEN, S.. "Flourishing with music": from music students to well-rounded musicians of the 21st century. Koers (Online) [online]. 2018, vol.83, n.1, pp.1-15. ISSN 2304-8557. http://dx.doi.org/10.19108/koers.83.1.2306.
Musiek speel h belangrike rol in mense se alledaagse lewe. Hulle sing, dans op die maat van musiek, luister daarna wanneer hulle werk, kuier en sport beoefen. Musikante verstaan en kommunikeer die lewe deur musiek sodat individue en die samelewing dit as h kunsvorm kan ervaar en koester. Tersiêre musiekopvoeders spandeer tyd en energie om musiekstudente vir produktiewe betekenisvolle musiekloopbane voor te berei. Maar word daar ooit aandag gegee aan holistiese onderrig en leer wat musiekstudente se menswees ook aanraak en afrond? In hierdie artikel beredeneer ek h paar standpunte wat tersiêre musiekopvoeders sal aanmoedig om voorgraadse musiekkursusse so te struktureer dat musiekstudente in hul lewens en werkplek sal floreer. Ek ondersoek lewenslange leervaardighede wat deur sakeleiers, navorsers en onderrigdeskundiges aanbeveel word. Hierdie vaardighede word verbind met die uitdagings om musiekstudente te laat fokus op hul persoonlike welstand, die hier-en-nou, betekenisvolle lewe en hul verbintenis met spiritualiteit deur musiek en musiekaktiwiteite.
Keywords : n Positiewe lewenshouding deur musiek; afgeronde menswees; 21ste eeu vaardighede; waarde van persoonlike welstand en spiritualiteit in musiek; holistiese musiekonderrig en leer.