SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.82 issue2The role of God in the father/son relationship during identity formation - a Gestalt theoretical perspectiveMentoring to develop research self-efficacy, with particular reference to previously disadvantaged individuals author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

DU PLESSIS, Danie F.. Herbesinning van die relevansie van Johannes Calvyn se waardes van selfverloëning en roeping vir bereiking van Lerende Organisasies se doelwitte. Koers (Online) [online]. 2017, vol.82, n.2, pp.1-13. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.82.2.2353.

Moderne organisasies kry te doen met toenemende eise om ruimte te voorsien vir werknemers en lede van die organisasies waarin hulle doel, betekenis en waarde kan sien waarin hulle elke dag doen. Hierdie artikel poog om Johannes Calvyn se idees van roeping en selfverloening as beginsel te verbind met die behoefte van organisasies om werknemers betekenisvol betrokke te maak in die werk wat hulle doen in die konteks van die idee van Lerende Organisasies. Die verband tussen Calvyn en die doel van organisatoriese vernuwing word getrek deur kortliks te wys op die teleurstelling van die postmoderne samelewing met die modernistiese kragte van rasionalisme, liniêre denke, burokratisering en standaardisering wat gelei het tot die ontmensliking van organisasies en uiteindelik die wêreld van werk. Die argument word ook aangebied dat 'n nuwe beweging in organisatoriese denke ontstaan het wat die ontwikkeling van die idee van die Lerende Organisasie voorstaan. Die Lerende Organisasie verteenwoordig 'n breuk met moderne burokraties en hiërargiese denke. Die doel is om hierdie relatief nuwe idees oor vernuwing in organisasies te verbind met die sienings wat Johannes Calvyn uitgedruk het oor die roeping van gelowiges in die werkpiek en huile verhouding met die medemens. Die gevolgtrekking is dat Christelike (Gereformeerde) gelowiges die Lerende Organisasie en erkenning van hulle geestelike bydrae as 'n geleentheid kan gebruik om die werkplek as terrein op te eis waar die naaste gedien kan word (soos verduidelik in Hoofstuk 7 van Boek 3 van Calvyn se Institusie van die Christelike Godsdiens) in diens van God. Op hierdie manier kan werk ervaar word as 'n ware uitlewingsgeleentheid van hulle roeping.

Keywords : Lerende Organisasie; Johannes Calvyn; Organisatoriese Doel; Roeping; Selfverloening.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License