SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.82 issue2Institutional identity: A possible solution to the religion in/and education quandaryThe informatisation of our image of the human being author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

BRITZ, D.. A life cultivated by righteousness: Calvin's exposition of the eighth Commandment in teaching children. Koers (Online) [online]. 2017, vol.82, n.2, pp.1-14. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.82.2.2347.

Hierdie artikel skets die uitleg van die agste gebod in die kategetiese werk van Calvyn, dit wil sê, hoe hy hierdie gebod ('Jy mag nie steel nie') binne 'n konteks waarin kinders onderrig ontvang het, verduidelik het. Vir hierdie doeleindes is die 1537/8, die 1542/5 kategismusse asook l'Institution puerile de la doctrine Chrestienne (1538-41) en La maniere d'interroguer les enfans (1551) oorweeg en in verband met sy groot pedagogiese werk, die Institusie, gebring In die onderrig aan kinders hou Calvyn hom by die teologiese raamwerk waarin hy die wet in sy Institusies behandel. Die trajekte wat hy in sy verduideliking van die agste gebod volg, duik ook op in die kategetiese onderwys. Die klemverskuiwing van die 'vrees en liefde vir God' (1536) na die 'geregtigheid van God' (onreg/reg) (1539) as bepalende teologiese motief by die uitleg van die gebod, kan eweneens in sy kategetiese werk opgespoor word. Calvyn verduidelik dus vir kinders dat ons lewe in Christus, in die geregtigheid van Christus, gestalte kry in wat die gebod verbied en gebied. En die rede? Hoe helderder God se wet sy geregtigheid aan die lig bring, des te helderder ontmasker dit ons ongeregtigheid en verdoemenis. En, dit gebeur in sy Christus. In Christus straal God se aangesig vol genade en ontferming uit tot selfs arme en onwaardige sondaars. Deur geloof word Christus omhels en geniet slegs deur gelowiges, verseker Calvyn die kinders, wat Hom, gestuur na hulle, ontvang, wat Hom, gegee vir hulle, nie verwerp nie, wat Hom, terwyl Hy hulle roep, volg

Keywords : Calvyn; Tien Gebooie; Kategetiese onderrig; Agste Gebod; Diefstal; Sosiale geregtigheid.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License