SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.82 issue2Institutional identity: A possible solution to the religion in/and education quandary author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN ALTEN, H.H.. Johannes Calvyn oor die gawes van die Heilige Gees in sy kommentaar op Handelinge. Koers (Online) [online]. 2017, vol.82, n.2, pp.1-13. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.82.2.2350.

Dikwels word aangeneem dat Johannes Calvyn die beëindiging van die buitengewone gawes van die Heilige Gees voorgestaan het. Dit gee egter nie die volle prentjie van hoe Calvyn met daardie Skrifgedeeltes, waarin die buitengewone gawes behandel word, geworstel het nie. In sy kommentaar op die boek Handelinge wys Calvyn bewustelik daarop dat in die meeste gevalle waar die gawes van die Gees genoem word, die fokus nie op die gawes in 'n algemene sin is nie, maar eerder op die gawes in 'n buitengewone sin. Hierdie buitengewone gawes is beperk tot die beginfase van die kerk. Die redes wat Calvyn vir hierdie beëindiging aanvoer, is egter dubbelsinnig. Aan die eenkant wys Calvyn op 'n baie spesifieke, Goddelike doel met die gawes, waardeur hulle bruikbaarheid en voortbestaan beperk word tot die tyd toe die doel bereik is. Aan die anderkant, egter, is daar ook gedeeltes wat die indruk skep dat die beëindiging van die gawes nie noodwendig Goddelik bepaal is nie, maar 'n gevolg was van menslike sonde. Van groot belang is hoe Calvyn hierdie tekste vervolgens toepas op die lesers van sy eie tyd.

Keywords : John Calvin; Acts of the Apostles; Gifts of the Spirit; Prophecy.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License