SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.82 issue2Do values contain directional-normative value? A review of the value project of the North-West University author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN DER WALT, B.J.. Die onvoltooide reformasie Van Martin Luther (1483-1546); 'n Verkenning van die filosofiese grondslae van sy denke met spesiale aandag aan sy tweerykeleer. Koers (Online) [online]. 2017, vol.82, n.2, pp.1-20. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.82.2.2348.

Die afgelope 500 jaar het, in vergelyking met die maagdom teologiese literatuur, min oor die diepere lewensbeskoulik-filosofiese grondslae van Luther se denkwêreld die lig gesien. Tot 'n mate is dit verstaanbaar omdat hy primêr 'n hervormer van kerk en teologie was, Ter herdenking van die gebeure op 31/10/1517 handel hierdie ondersoek oor die invloed van die laat-Middeleeuse filosofiese denke, in besonder dié van Willem van Ockham (1285-1349), op die reformator van Wittenberg. Daar word aangetoon hoe hy deur drie hoof fases ontwikkel het en daarna word spesiale aandag gegee aan sy bekende en omstrede leer van twee ryke, dié van God se linker- en regterhand. Onder andere die volgende vrae word in dié verband gestel. Wanneer en waarom het hierdie dubbelfokusvisie op die werklikheid ontstaan? Wat was die probleme wat Luther met so 'n paradigma wou aanspreek? Kan so 'n lewensvisie in die lig van God se drievoudige openbaring in die skepping, die Skrif en Christus gehandhaaf word? Kan dit - soos sekere Gereformeerde teoloë vandag weer suggereer - as werklik reformatories beskou word? Moet Luther se Christelike lewensbeskouing nie eerder gesien word as 'n onvoltooide reformasie wat tot verdere reformasie roep nie?

Keywords : Willem van Ockham (c. 1285-1349); Martin Luther (1482-1546); Johannes Calvyn (1509-1564); filosofie en teologie; reformatoriese filosofie; staat en kerk; tweeterreineleer; tweerykeleer; wet en evangelie; geloof en wete.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License