SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.82 issue1Reflecting on our past: Reconciling a divided nation through listening author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

HAMBULO, Farrelli  and  HIGGS, Leonie. Catholic secondary education and identity reformation in Zambia's Southern Province: an outcome of a conflict of educational policy values or not?. Koers (Online) [online]. 2017, vol.82, n.1, pp.1-12. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.82.1.2279.

Hierdie artikel, "Katolieke sekondêre onderwys en identiteitsreformasie in Zombie se Suidelike Provinsie: n Gevolg van strydige waardes van onderwysbeleid of nie?", is n uitvloeisel van n studie getitel "Katolieke sekondêre onderwys en identiteitsreformasie in Zambië se Suidelike Provinsie". Die artikel dui aan dat sedert Katolieke skole in Zambië gevestig is, hulle deel van daardie land se onderwysvoorsiening uitmaak en oor die jare n goeie reputasie as verskaffers van onderwys van n goeie gehalte opgebou het. Sedert Zambië se onafhanklikwording in 1964 het Katolieke onderwys egter n ongewenste identiteitsverandering of -reformasie ondergaan, wat behels dat dit van Katolieke onderwyspraktyk, soos aanbeveel in Katolieke onderwysbeleid, afwyk. Kenners van Katolieke onderwys in Zambië en die Zambiese nasie erken die identiteitsverlies wat Katolieke skole sedert onafhanklikwording ondervind en gee hul ontevredenheid daarmee te kenne. Die betrokke kenners verwys slegs oorsigtelik na die probleem van identiteitsverlies wat Katolieke skole ondervind, wat tot gebrekkige insig in die probleem bydra. Die Zambiese nasie verwys slegs op spekulatiewe en onduidelike wyse na hierdie probleem, wat ook tot gebrekkige insig in die probleem van identiteitsverlies in Katolieke skole in die land bydra. Met verwysing na die argumente wat kenners van Katolieke onderwys oor hierdie probleem in Zambië aanvoer, is hierdie artikel gemoeid met die argumente wat Carmody (2007) aangaande die oorsake van ongewenste identiteitsreformasie in Katolieke skole aanvoer; die argumente word spesifiek met katolieke sekondêre skole in Zambië se Suidelike Provinsie in verband gebring met die doel om hulle te verifieer. Die artikel dui aan dat Carmody se argumente nie op Katolieke sekondêre skole in Zambië se Suidelike Provinsie van toepassing is nie en voer redes hiervoor aan. Die artikel gee ook n tentatiewe beskrywing van die ongewenste identiteitsreformasie wat Katolieke sekondêre skole in die Suidelike Provinsie ondervind en sluit af met n uiteensetting van die vier ware oorsake van ongewenste identiteitsreformasie in Katolieke sekondêre skole in Zambië se Suidelike Provinsie.

Keywords : identiteit; Katoliek; akademies; godsdienstig.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License