SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.81 número3Cultural pathways and pitfalls in South Africa: A reflection on moral agency and leadership from a Christian perspectiveDialogical inquiry as an instrument of the reconciliation of conflict in the hands of Christian leaders índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

ELOFF, T.  e  GREFFRATH, W. N.. Die universiteitswese in Suid-Afrika: 'n bestekopname van huidige tendense en die vooruitsig vir Afrikaans. Koers (Online) [online]. 2016, vol.81, n.3, pp.1-9. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.81.3.2258.

Die doel van hierdie artikel is die identifisering en analitiese omskrywing van die mees prominente politieke tendense wat tans die Suid-Afrikaanse universiteitswese beïnvloed, met spesifieke verwysing na Afrikaanse universiteite en hoër onderwys. Die bydrae neem as vertrekpunt die teoretiese beginsel van transformasie, en die spesifieke en eiesoortige ideologiese toepassing van dié konstruk in Suid-Afrika sedert 1994. Die ingrypende invloed van hierdie ideologiese transformasiebeskouing op openbare instellings in Suid-Afrika word bespreek, insluitend die institusionele en sosio-politiese impak op universiteite. Teen hierdie teoretiese agtergrond word sleutelkwessies bespreek wat betrekking het op die Suid-Afrikaanse universiteitswese en die plek en rol van Afrikaans in besonder, insluitend in 'n bestekopname van die posisie van Afrikaans in die hoër onderwyssektor; 'n evaluering van die transformasie van die hoër onderwyssektor; die rasionele argumente en gronde vir die behoud en bevordering van Afrikaans in die sektor; en die reaksie vanuit die Afrikaanssprekende gemeenskap teenoor die marginalisering van die taal by universiteite 'n Evaluerende toekomsperspektief word gebied waarin die behoud van Afrikaans oorweeg word, met inbegrip van aktivisme, geregtelike strategieë en die uitbouing van Afrikaans deur middel van n privaat hoër onderwysinstelling.

Palavras-chave : Hoër onderwys in Suid-Afrika; studenteprotes; transformasie; universiteite.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons