SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.81 issue3Cultural pathways and pitfalls in South Africa: A reflection on moral agency and leadership from a Christian perspectiveDialogical inquiry as an instrument of the reconciliation of conflict in the hands of Christian leaders author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

ELOFF, T.  and  GREFFRATH, W. N.. Die universiteitswese in Suid-Afrika: 'n bestekopname van huidige tendense en die vooruitsig vir Afrikaans. Koers (Online) [online]. 2016, vol.81, n.3, pp.1-9. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.81.3.2258.

Die doel van hierdie artikel is die identifisering en analitiese omskrywing van die mees prominente politieke tendense wat tans die Suid-Afrikaanse universiteitswese beïnvloed, met spesifieke verwysing na Afrikaanse universiteite en hoër onderwys. Die bydrae neem as vertrekpunt die teoretiese beginsel van transformasie, en die spesifieke en eiesoortige ideologiese toepassing van dié konstruk in Suid-Afrika sedert 1994. Die ingrypende invloed van hierdie ideologiese transformasiebeskouing op openbare instellings in Suid-Afrika word bespreek, insluitend die institusionele en sosio-politiese impak op universiteite. Teen hierdie teoretiese agtergrond word sleutelkwessies bespreek wat betrekking het op die Suid-Afrikaanse universiteitswese en die plek en rol van Afrikaans in besonder, insluitend in 'n bestekopname van die posisie van Afrikaans in die hoër onderwyssektor; 'n evaluering van die transformasie van die hoër onderwyssektor; die rasionele argumente en gronde vir die behoud en bevordering van Afrikaans in die sektor; en die reaksie vanuit die Afrikaanssprekende gemeenskap teenoor die marginalisering van die taal by universiteite 'n Evaluerende toekomsperspektief word gebied waarin die behoud van Afrikaans oorweeg word, met inbegrip van aktivisme, geregtelike strategieë en die uitbouing van Afrikaans deur middel van n privaat hoër onderwysinstelling.

Keywords : Hoër onderwys in Suid-Afrika; studenteprotes; transformasie; universiteite.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License