SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.81 issue3The formation of Christian leaders: A Wesleyan approachFemale leaders in an international evangelical mission organisation: An empirical study of Youth With A Mission in Germany author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

SANDS, J.. Beginning with property? Hegel and unfolding freedom in a South African academic context. Koers (Online) [online]. 2016, vol.81, n.3, pp.1-7. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.81.3.2271.

Akademiese vryheid is een van die noodsaaklikste van al die regte wat 'n universiteit nodig het om sy missie te vervul om sy studente op te hef en deur 'n uitbreiding hiervan die gemeenskap waarin hulle hulle bevind ook op te hef. Die vraag is nou wat hierdie vryheid behels soos wat universiteite evalueer, kritiseer en opvoeding bied aan die samelewing. Dit is tans onder die loep binne die konteks van die #feesmustfall veldtog en ook ander studente-proteste oor sosiale transformasie. In hierdie artikel ondersoek ek die konsep van vryheid soos deur Hegel gekonseptualiseer, aangesien dit dikwels gesien word as een van die hoekstene van die filosofiese fondamente van die Westerse opvatting van vryheid, wat ook binne die Suid-Afrikaanse konteks toepassing vind. Hieruit is dit moontlik om 'n wederkerige erkenning van die ander kry, en dit behels 'n verantwoordelikheid om mens se eie wilsdeterminasie te beperk om sodoende seker te maak dat die ander dieselfde sal doen. Hegel bereik 'n stadium waar individue gelyktydig sekere vryhede afstaan (soos die vryheid om 'n ander in slawerny te neem of dood te maak) en dus skep hulle 'n ruimte van wederkerige erkenning en sien mekaar as 'n individuele self. Hierdie opvatting van vryheid laat die universiteit toe om op sy eie te bly staan in die naam van akademiese vryheid, en die staat laat dit toe solank hierdie Vryheid wedersyds tot voordeel strek. Die inmenging in die universiteite se reg tot self-determinasie is 'n aanduiding van 'n veel groter probleem. Hoewel Hegeliaanse vryheid poog om respek af te dwing tussen individue binne die samelewing kan dit ook gebruik word om die samelewing te versplinter sodat die "ons" disintegreer in die lig van sogenaamde "respek" as die een party sy reg tot outonomie wil afdwing tot nadeel van ander. Wat ek probeer uitwys het is 'n kritiese beskouing van Hegel se konsep van vryheid en die onderliggendheid daarvan aan die basiese konsep van Vryheid vir beide die Suid-Afrikaanse en Westerse samelewings. Deur vier meer pilare toe te voeg tot die Hegeliaanse drie - demokrasie, gelykheid, versoening en diversiteit - het Suid-Afrika reeds begin sien dat begrip kan manifesteer deur verantwoordelikheid, respek, vryheid ensovoorts.

Keywords : akademiese vryheid; #feesmustfall veldtog; Hegel se konsep van vryheid; respek; die staat.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License