SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.81 issue3Leadership and powerCultural pathways and pitfalls in South Africa: A reflection on moral agency and leadership from a Christian perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

GOODRICH, A.  and  BOMBARDELLA, P.. What are statues good for? Winning the battle or losing the battleground?. Koers (Online) [online]. 2016, vol.81, n.3, pp.1-10. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.81.3.2272.

In Suid-Afrika is die praktyk van standbeelde omgooi net so oud soos die praktyk om hulle op te rig. Die mees onlangse episode in hierdie geskiedenis het in 2015 in Kaapstad begin met die Rhodes Must Fall veldtog by die Universiteit van Kaapstad en daarvandaan het dit vining versprei na plekke dwarsoor Suid-Afrika. Gesien in die lig van feit dat teen die einde van die apartheidera 97% van Suid-Afrika se 3500 erfenisplekke verwant was aan blanke waardes en ervaringe en dat daar min vordering was met die daarstelling van 'n meer verteenwoordigende erfenislandskap, kan mens nie wegkom van Rhodes Must Fall stelling dat Suid-Afrikaanse beelde 'n anachronistiese vereringis van die leidende figure van Suid-Afrika se koloniale en apartheidsverlede. Gegewe dat die openbare debat vining gepolariseer geraak het in twee kampe, naamlik diegene wat die beelde woul beskerm en diegene wat hulle wou vernietig, is die argument wat aangevoer word in hierdie artikel dat nie een van die opsies voldoende handel met die veelvuldige betekenisse van beelde nie. Deur 'n ondersoek te doen na die veranderende openbare diskoerse oor geskiedenis in die 20ste eeu stel ons 'n derde benadering voor, wat ingebed is in post-humanistiese argumente oor die beperkinge van kritiek en 'n sorgbelofte as 'n etiese, affektiewe en praktiese benadering. Ons argumenteer naamlik dat die post-humanistiese benadering tot wat mens moet doen met beelde in Suid-Afrika is om hulle te omvorm van fetisjistiese voorwerpe wat aanstoot gee of van erfenisvoorwerpe tot plekke rondom nuwe publieke kan vergader en waardeur die historiese ontologie wat kontemporêre magsdinamiek benader kan word, ondersoek en oor gehandel word om so nuwe vorme van burgerskap te bou.

Keywords : Fetisj; post-humanisme; erfenis; beelde; publiek; Rhodes must fall.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License