SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.81 número3When the second man takes the lead: Reflections on Joseph Barnabas and Paul of Tarsus and their relationship in the New TestamentThe formation of Christian leaders: A Wesleyan approach índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

BASSON, W. D.  y  KRUGER, D.. Persepsies oor die sinodebesluite en aard van die psalms binne die GKSA. Koers (Online) [online]. 2016, vol.81, n.3, pp.1-8. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.81.3.2261.

Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika sing vanaf die kerk se ontstaan in 1859 slegs psalms, Skrifberymings en Skrifgetroue liedere. Tans is daar twee amptelike psalmberymings in gebruik binne die Gereformeerde Kerk, naamlik die sogenaamde Totius-beryming van 1936, asook die 2001-omdigting met psalmtekste deur hoofsaaklik T.T. Cloete. 'n Studie van lidmate se persepsies oor sinodebesluite en die aard van die psalms binne die Gereformeerde Kerk toon aan dat die psalms nie optimaal benut word nie. Sinodes besluit watter tipe liedere, insluitend psalms, vir gebruik goedgekeur word. Lidmate glo dat talle psalms nie meer geskik is vir die 21ste-eeuse lidmaat nie, dat sinodebesluite uit voeling is met lidmate se musikale behoeftes en dat sinodes musikale vernuwing teenwerk. Die doel van hierdie artikel is om 'n oorsig te gee van die persepsies van predikante, orreliste/ musiekleiers en gemeentelede met betrekking tot die aard en gebruik van die psalms binne die erediens van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika, asook sinodebesluite wat hiermee verband hou.

Palabras clave : Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika; sinodebesluite; psalms; psalmberyming; psalmmelodie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons