SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.81 issue3Connected leadership: Jeremiah 8:18-9:3 - a case studyLeadership and power author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

NEL, N. M.; TLALE, L. D. N.; ENGELBRECHT, P.  and  NEL, M.. Teachers' perceptions of education support structures in the implementation of inclusive education in South Africa. Koers (Online) [online]. 2016, vol.81, n.3, pp.1-14. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.81.3.2249.

Inklusiewe onderwys vorm die etos van die onderwysstelsel in Suid-Afrika en resoneer met die Grondwet van die land, wat diversiteit erken en eksklusiwiteit weerstaan. Inklusiewe onderwys word ook weerspieël in die onderwysbeleid soos uiteengesit in die Education White Paper 6: Special Education - Building an Inclusive Education and Training System and the Screening, Identification, Assessment and Support (SIAS) dokument. Deurslaggewend vir inklusiewe onderwys is die voorsiening van ondersteuning aan alle leerders en onderwysers. Die fokus van hierdie artikel is op die funksies van al die formele ondersteuningstrukture wat in plek is vir onderwysers en leerders en weerspieël die standpunte van onderwysers. Hierdie ondersteuningstrukture sluit in Distrik-gebaseerde ondersteuningspanne; Institusionele ondersteuningspanne, Voldiensskole; Spesiale skole as hulpbronsentra; Leerondersteuningsopvoeders; inklusiewe onderwys en die gemeenskap. 'n Interpretatiewe navorsingsparadigma is gekies waarin gerieflikheidsteekproefneming gedoen is en data ingesamel is met gebruik van fokusgroeponderhoude. Eweknie-en ledekontrole is gebruik om betroubaarheid te verseker. Die temas wat na vore gekom het was ondersteuning deur onderwysers, die rol van amptelike ondersteuningstrukture, spesiale skole en gemeenskapsamewerking. Dit was duidelik, vanuit die onderwysers se gesigspunt, dat die formele ondersteuningstrukture nie so effektief is as wat voorgehou word deur die beleid en die onderwysowerhede nie, end at die beleid ernstige herbesinning nodig het.

Keywords : Distrik-gebaseerde ondersteuningspanne; Institusionele ondersteuningspanne; Voldiensskole; Spesiale skole as hulpbronsentra; Leerondersteuningsopvoeders; inklusiewe onderwys.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License