SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.81 issue3When the second man takes the lead: Reflections on Joseph Barnabas and Paul of Tarsus and their relationship in the New Testament author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

BOETTGER, J. F.  and  RATHBONE, M.. The Marikana massacre, labour and capitalism: towards a Ricoeurian alternative. Koers (Online) [online]. 2016, vol.81, n.3, pp.1-7. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.81.3.2263.

Die doel van hierdie artikel is om 'n kritiese bespreking te doen van die tragedie wat tussen 11 en 16 Augustus 2012 afgespeel het by die Lonmin-myn in Marikana, Suid-Afrika. Hoewel die gebeure wat aanleiding gegee het tot die Marikana-slagting kompleks is en nie gereduseer kan word tot een enkele faktor wat verantwoordelik was vir die tragedie nie, sal ons fokus op die filosofiese en antropologiese aspekte wat gelei het tot die ineenstorting van die kommunikasie tussen die bestuur van Lonmin en die werkers. Daar sal aangevoer word dat hierdie ineenstorting die gevolg kon wees van reduksionistiese antropologiese neigings wat binne die raamwerk van kapitalisme ontwikkel. Hierdie neigings maak op 'n selektiewe basis gebruik van modern ekonomiese beginsels om die winsmotief van besighede te bevorder, en dit lei tot die ontmensliking van die werker. Hierdie ontmensliking is duidelik sigbaar uit die oogpunt van die werkers teenoor die agtergrond van die Lonmin-bestuur en die ineenstorting van kommunikasie tussen die partye. Om 'n alternatiewe antropologie voor te stel, word ondersoek ingestel na die filosofie van Paul Ricoeur, met spesifieke verwysing na sy werk Fallible man (1986) en dit word toegepas as 'n alternatiewe antropologie vir die reduksionistiese neigings wat saamhang met arbeid soos wat dit sporadies in kapitalisme opduik. Dit bied 'n gebalanseerde gesigspunt wat die doel van verantwoordelike besighedspraktyke (om wins te maak) inkorporeer met 'n volhoubare arbeidsmark.

Keywords : Marikana-slagting; kapitalisme; antropologie; Paul Ricoeur.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License