SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.81 número2Institutional identity: A possible solution to the religion in/and education quandaryThe informatisation of our image of the human being índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

BUNDUKI, K. H.  e  HIGGS, L. G.. Defining integrated learning: perspectives from alumni of The Christian University in the Democratic Republic of the Congo (DRC). Koers (Online) [online]. 2016, vol.81, n.2, pp.1-9. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.81.2.2255.

Hierdie artikel ondersoek die verskillende perspektiewe van alumni van die Christian Bilingual University of the Congo (UCBC) oor die onderwerp van geïntegreerde leer. In hierdie artikel word sowel 'n begrip as 'n omskrywing van die konsep van geïntegreerde leer bewerkstellig deur data wat van die twaalf alumni verkry is te ontleed. Die metode wat gebruik is, is halfgestruktureerde onderhoude. Vyf temas kan onderskei word as deel van die omskrywing van die konsep. Eerstens is geïntegreerde leer 'n holistiese opvoeding. Tweedens word dit as 'n volledige opvoeding beskryf omdat dit oor alle aspekte van leerders se lewens handel. Derdens beklemtoon geïntegreerde leer beide teorie en die praktyk, en vierdens berei dit leerders voor om van betekenis te wees in hul nasie. Vyfdens en laastens is dit 'n leerdergesentreerde proses wat daarop fokus om die innerlike persoon op te bou. Hierdie perspektiewe oor geïntegreerde leer word as belangrik beskou vir Christen-universiteite en hoëronderwyspraktisyns, wat almal uitgenooi word om met wyses vorendag te kom om leerders holisties by leer te betrek.

Palavras-chave : Christen-universiteit; Volledige opvoeding; Holistiese opvoeding; Geïntegreerde leer; Teorie en praktyk.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons