SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.81 issue2Do values contain directional-normative value? A review of the value project of the North-West UniversityA neglected facet of the legacy of D.F. Malherbe: Art - independent and dependent author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

STRAUSS, P J. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk, kerkorde en onderwys. Koers (Online) [online]. 2016, vol.81, n.2, pp.1-8. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.81.2.2256.

Vanaf sy eerste kerkorde in 1962 koester die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk die ideaal van nie-kerklike Christelike onderwys. Met sy kerkordelike bepalings oor die kerk en onderwys, is die Nederduitse Gereformeerde Kerk uniek onder gereformeerde kerke. Die bewoording van hierdie artikels het deur die jare verander, maar die hoofsaak het dieselfde gebly. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk steun Christelike onderwys vanuit sy kerklike hoek, maar erken die interne bevoegdheid van onderwysinstellings om onderwysinhoude en standaarde te finaliseer. In 1962 het sy kerkorde bepaal dat die Nederduitse Gereformeerde Kerk hom beywer vir die Protestants-Christelike karakter van "ons volk", die Afrikanervolk. Die uitsondering van "ons volk" is sedert 1990 egter weggelaat ten gunste die erkenning van alle kulture in die onderwys. In sinodebesluite van die afgelope tyd ondersteun die Nederduitse Gereformeerde Kerk die standpunt dat die Suid-Afrikaanse staatsowerheid onderwys alle lewensbeskoulik gerigte instansies subsidieer.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License