SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.81 número1Reflecting on our past: Reconciling a divided nation through listening índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

DE BEER, A. Mans se ervaring van eensaamheid na die verlies van 'n lewensmaat: 'n beskrywing van narratiewe pastorale betrokkenheid. Koers (Online) [online]. 2016, vol.81, n.1, pp.1-9. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.81.1.2231.

Die doel van hierdie studie is om die fenomeen van eensaamheid by mans na die verlies van 'n lewensmaat te ondersoek. Dit behels navorsing wat die voorkoms, betekenis en die belewenis van eensaamheid na die verlies van 'n eggenoot kan verhelder. Die navorsing is gegrond in praktiese teologie. Dit word nagevors vanuit postmoderniteit as paradigma met 'n sosiaal-konstruksionistiese diskoers as epistemologiese vertrekpunt soos verwoord in die narratief-hermeneutiese benadering. Verskeie aksies onderliggend aan deelnemende aksienavorsing vir die insameling van data word as deel van 'n kwalitatiewe navorsingsbenadering benut. Meganismes onderliggend aan die narratiewe benadering wat korreleer met beginsels onderliggend aan deelnamende aksie-navorsing word geïmplementeer by die insameling van data. Waardevolle alternatiewe, wat 'n bydrae kan lewer in die hantering van eensaamheid, word vanuit die gespreksbenadering verken en beskryf. Antropologiese paradigmas word verhelder vanuit die siening dat die mens 'n komplekse wese is, wat deur sy/haar eie narratiewe sy omstandighede konstrueer. Met die studie word gevind dat mans eensaamheid kan ondervind na afsterwe van 'n lewensmaat. Hulle ondervind ook 'n behoefte aan 'n verbintenisfiguur wat kan help om hul eensaamheid te hanteer.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons