SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.81 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

VAN DER WALT, Barend J. Die wêreldbeeld van die gereformeerde bioloog, Jan Lever (1922-2010): Van evolusieteorie na 'n evolusionistiese geloof?. Koers (Online) [online]. 2016, vol.81, n.1, pp.1-8. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.81.1.2253.

Evolusie as teorie word vandag wyd verkondig, deur baie as 'n feit aanvaar, en word dus ook gereflekteer in handboeke vir sekondêre en tersiêre instellings. Die hoofprobleem wat in hierdie refleksie bespreek word, is of die evolusieteorie altyd 'n blote teorie of hipotese bly. Gebeur dit nie dikwels, selfs onbedoeld en geleidelik, dat dit eventueel in n evolusionistiese geloof en lewensvisie ontwikkel en op dié wyse vir Christene 'n onaanvaarbare wêreldbeskouing word nie? Verskillende huidige sekulêre denkers erken vandag reeds openlik die afhanklikheid van hulle evolusieteorie van 'n agnostiese of ateïstiese geloof en/of die omgekeerde: dat hulle evolusieteorie tot so n geloof voer. Sommige Christelike natuurwetenskaplikes (1) verwerp duidelik die evolusieteorie en ook n evolusionistiese lewensvisie. Ander (2), wat ook verteenwoordigers uit die Christelik-gereformeerde tradisie insluit, is van mening dat, nadat God (voor tyd daar was) alles geskep het, die werklikheid onder sy voorsienigheid verder ontplooi of evolveer het. In die geval van n derde groep Christelik-evolusionêre bioloë (3) wil dit voorkom asof die kompromie of sintese wat hulle tussen hulle Christelike oortuigings en wetenskaplike hipoteses en teorieë wou bereik, gefaal het. Aan die einde moes hulle vir die een of die ander kies. In 'n eerste artikel (vgl. Van der Walt, 2016a) is alreeds hierdie verskillende en selfs botsende gesigspunte onder Christenwetenskaplikes bespreek. Dit was toegespits op die standpunte van n vroeëre bekende gereformeerde teoloog (Abraham Kuyper) van Nederland en 'n Suid-Afrikaanse Christelike filosoof (Hendrik Stoker). In 'n tweede bydrae oor dieselfde vraagstuk het die aandag geval op die visies van drie gereformeerde bioloë, naamlik Harry Diemer, Duyvené de Wit en Jan Lever (vgl. Van der Walt, 2016b). Die eerste twee kan beskou word as verteenwoordigers van standpunt (2) hierbo, terwyl die derde persoon se siening aanvanklik ook onder dieselfde groep geval het, maar sedert ongeveer 1970 in die rigting van (3) ontwikkel het. Die huidige artikel volg Lever se ontwikkeling vanaf ongeveer 1970 tot 2010. Daarvolgens ontstaan daar n toenemende spanning tussen sy Christelike geloof in die Bybel van God as Skepper en sy dierkundige navorsing volgens 'n evolusionêre paradigma. Dit word duidelik dat hy geleidelik soveel gewig en selfs openbarende krag aan sy wetenskaplike resultate geheg het dat dit eventueel gebots het met en selfs sy Christelike lewensbeskouing oorrompel het om vervang te word met n evolusionistiese wereldbeeld of selfs (semi-) evolusionistiese wêreldvisie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons