SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.81 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN DER MERWE, HM. Klaskamerbestuur vir optimale leer binne 'n konteks van gedeelde onderrigleierskap. Koers (Online) [online]. 2016, vol.81, n.1, pp.1-9. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.81.1.2259.

'n Groterwordende getal kundiges koppel klaskamerbestuur aan effektiewe onderrig en leer. Hierdie artikel kyk na die 'wat' van klaskamerbestuur wat tot optimale leer bydra. 'n Kwalitatiewe ondersoek gebaseer op individuele onderhoudvoering is by drie laerskole in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Noord-Wes provinsie onderneem. Die bevindings dui daarop dat funksionele reelings in die klaskamer, wat deur gedragsreëls wat demokraties bepaal is teweeggebring word, 'n konsidererende omgewing tot gevolg het. Die ontwikkeling van 'n omgewing van omgee en die kweek van 'n filosofie van repek lei tot die skep van 'n gevoel van behoort wat leerbetrokkenheid aanmoedig. Onderwysers wat daarna streef om vakspesialiste te wees en wat klaskamerruimte en aktiwiteite op sodanige wyse reël dat alle leerlinge aktief betrokke is, dra tot selfverwesenliking by. 'n Belangrike leemte met klaskamerbestuur is die in gebreke bly om genoegsaam in die leerbehoeftes van begaafde leerlinge te voorsien. Die bevindings dra by tot die diskoers oor klaskamerbestuur ter wille van optimale leer.

Keywords : gedeelde onderrigleierskap; funksionele reëlings; omgewing van omgee; filosofie van respek; gevoel van behoort; professionele gedrag.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License