SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 issue4The changing face of American compassion: Ethnicity, religion, and worldview conflictsLife- and worldview: Development and transformation - the case of the Lamba of the Masaiti region in Zambia author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

WEIDEMAN, Albert. Uneasy lies the head: Poststructuralism in the midst of paradigm contestation in applied linguistics. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.4, pp.1-7. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.80.4.2247.

'n Aantal onlangse besprekings gee blyke van hernieude ongemak in die toegepaste taalkunde met betrekking tot hoe die veld gedefinieer behoort te word, watter rigting dit moet inslaan, watter fokusse legitiem is vir sy dissiplinêre werk, watter temas aangespreek moet word, en welke metodologieë aangewend moet word. Hierdie bydrae fokus op die wyse waarop die huidig toonaangewende, laat-postmodernistiese paradigma in die toegepaste taalkunde die uitdagings wat afkomstig is vanuit die postmodernisme self, maar ook van buite die postmodernisme, hanteer of ignoreer. Uit die reaksie daarop is dit duidelik dat die siening van die toegepaste taalkunde as die hantering van taalkwessies of -praktyke dit moelik maak om dit te onderskei van die linguistiek, selfs waar die toegepaste taalkunde ietwat kontradiktories homself tegelyk beroem op sy multi-of interdissiplinêre aard. Dit is verder noodsaaklik om te onderskei tussen die invloed van ander dissiplines op die toegepaste taalkunde en die filosofiese paradigmas wat werksaam is in daardie ander dissiplines. Die belyning van paradigmas oor vakgrense heen kan maklik aangesien word vir interdissiplinêre invloed, wat dit nie is nie. Gegewe die huidige ongemak met 'n postmodernistiese aanpak, asook die versugting om aan te beweeg, weg van sy relativisme en politieke agendas, is dit verstaanbaar dat die poststrukturalisme 'n besondere teoretiese regverdiging mag bied vir die laat-postmodernisme. Die een probleem met daardie verweer is die telkens robuuste afwysing van ander postmodernistiese aanpakke, tesame met die implikasie dat die poststrukturalisme die suiwerste vorm daarvan is. Die invloedrykheid van die poststrukturalisme kom dit dus duur te staan: dit beteken dat potensiële bondgenote verwerp word. Terwyl dit nog kan bydra tot die meer verantwoordelike ontwerp van toegepaste taalkundige intervensies, bly die meer duursame bydrae wat dit kan maak steeds die klem te wees wat dit plaas op veral die politiese en etiese dimensies van toegepaste taalkundige werk.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License