SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 issue4EconomismCritical prophecy and political leadership in biblical, African and Islamic worldviews author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VENTER, JCM  and  BAIN, EG. A deconstruction of the term "revolution". Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.4, pp.1-10. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.80.4.2246.

Die presiese betekenis van die konsep (politieke) revolusie is semanties omstrede. Volgens Arslanian (2013:127) word die konsep algemeen gebruik om enigiets van die 'Sosiale Media Revolusie' tot die 'Seksuele Revolusie' te beskryf. Brinton (1965:1-4) stem hiermee saam en beskryf revolusie as 'n konsep wat problematies is vir die semantikus omdat dit in die populêre taal gebruik word en omdat dit met emosionele inhoud gelaai is. In sommige omstandighede word revolusie selfs n "heilige woord" met n a priori morele mag wat die voorvereistes bevat vir geregtigheid. Dit blyk dat "die revolusie" net so belangrik kan raak soos wat n religie kan wees. Hierdie revolusie/religie voorsien dan die geleentheid om materiële en niemateriële goedere deur die mensdom te versamel (Marcuse, 2001:123). Koselleck (soos aangehaal deur Marinelli 2014:8) argumenteer dat die betekenis van revolusie allermins ondubbelsinnig is. Die doel van die artikel is dan om die semantiese vaagheid van die politieke term rewolusie te ontleed deur n literatuurstudie waarna die waarneembare kenmerke van die verskynsel gelys sal word. As sulks poog die artikel om n teoretiese bydrae te maak tot wat Babbie and Mouton (2008:113) die hermeneutiese siklus van dieperwordende begrip noem en waarin verskillende waarneembare kenmerke van revolusie geïdentifiseer sal word deur die dekonstruksie van verkillende definisies beskryf in verskillende denkskole.

Keywords : Revolusie; dekonstruksie; karakterisering.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License