Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
RAATH, Andries. The transformation of reformed natural law doctrine in Samuel Rutherford's Lex, Rex. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.4, pp.1-10. ISSN 2304-8557. http://dx.doi.org/10.19108/koers.80.4.2245.
Bykomend tot Rutherford se beklemtoning van fundamentele idees van die Reformatoriese denke met betrekking tot God se instelling van burgerlike regering tot sy eer en die vereenselwiging van goddelike reg met natuurreg, grond hy sowel die natuurreg as die perke van politieke gesag in 'n skeppingsverbond tussen God en die mens. Uit hierdie opvattings spruit Rutherford se onderskeid tussen die instelling van die owerheidsamp (politieke regering) en die aanwysing van 'n persoon of persone in sodanige ampte. 'n Uiters belangrike perspektief wat spruit uit Rutherford se verbondsmatige natuurregsteorie is sy onderskeid tussen doelwitte en middele met betrekking tot sekondêre oorsaaklikheid in die onderdaan se betrokkenheid in die politieke lewe. Hierdie artikel ondersoek sommige van die implikasies van Rutherford se transformasie van die Reformatoriese natuurreg-leerstuk.
Palavras-chave : Lex; Rex; natuurreg; politieke regering; Samuel Rutherford; verbond.