SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VENTER, JJ (Ponti). Voltaire: Natural scientific light against christian criminality - methodologies of targeting. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.4, pp.1-13. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.80.4.2243.

Die Westerse denke, sedert die Renaissance, toon herhaalde ontwikkeling van metodes bedoel om die Christendom aan te val, vanaf Machiavelli se Klassisistiese militarisme tot by William James se 'leë' Pragmatisme. Metodes het doelstellings, en doelstellings is onderworpe aan norme en kriteria. 'n Hoogtepunt in anti-Christelike vyandskap - in middel-Moderniteit - was die pre-Rewolusionêre Franse philosophes, gelei deur Voltaire. In die vorige artikel het ek laat sien hoe die Neo-Klassisis Voltaire 'n hermeneutiek ontwikkel het waarin die Klassieke Grieke en Romeine altyd as verdraagsaam en deugsaam verskyn, en die Christendom voorgehou word as misleidend, intolerant, onderdrukkend, gewelddadig en krimineel - regdeur sy geskiedenis. In hierdie artikel ondersoek ek die aard van 'lig' in die naam, Verligting, om so Voltaire se alternatief tot die Christendom te verstaan. Ek argumenteer dat die wysgerige term 'lig' op Plato teruggaan, ontwikkel en aangepas is deur Augustinus en die Skolastiek, en by Joachim van Fiore 'n basis vir mistieke groepselitisme geword het. In die Moderne era - in besonder Voltaire - word die lig 'n vervanging vir die Middeleeuse goddelike Logos ((Wet-woord) - n nuwe lig vir elitistiese groepe. Moderniteit het die Oorsprong (causa efficiens) geskei van die Bestemming (causa finalis): die goddelike is gesplit tussen die 'Natuur' (oorsprong) en die (bo-natuurlike) Rasionaliteit (wetenskaplik en siviel); die twee is verbind deur die progressiegeloof. Die 'lig' was insig in die 'natuurwet' a priori in die bewussyn; 'n dubbelsinnige 'natuurwet' wat beide die bio-meganiese en die basis vir burgerlikheid uitdruk; dit dryf die mensheid na vooruitgang. Dus voorsien insig in die fisika se wette - van Logos Newton via Caesar Voltaire - die basis vir 'n rasionele samelewing: die wetenskaplike rede ondersteun die praktikale rede. Voltaire se aandrang op natuurlike reg van vroue om broeimasjiene te wees van werkers en soldate (deur die Franse Rewolusionêre oorgeneem) toon hoe moeilik deduksie van die menslike uit die natuurlike was.

Keywords : Logos; lig; Newton; Plato; Augustinus; natuurlike reg; naturalisme-vooruitgang; scientisme; causa efficiens; finalis; hermeneutiek.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License