SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 issue3When the second man takes the lead: Reflections on Joseph Barnabas and Paul of Tarsus and their relationship in the New Testament author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VENTER, J J (Ponti). Methodologies of targeting - Neo-classicist Voltaire's twisted hermeneutic for targeting 'criminal' Christianity. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.3, pp.1-13. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.80.3.2238.

Hierdie artikel is die derde van vier, geskryf vanuit twee historiese ekstreme: vroeg-20e-eeuse Pragmatisme en laat-Renaissance militarisme. Dit vul die middelperiode in met artikels gefokus op Voltaire en die wysgerige konteks voor die Franse Rewolusie. Pragmatis William James het die pretensie van 'n suiwer formele metode voorgehou, maar dit strategies ingevul as 'n doktrinêre aanval op die oneffektiwiteit van die Christendom (volgens sy eie (wan-)verstaan daarvan). Machiavelli het die Christendom se beoefening van geregtigheid en sagmoedigheid as swakheid aangeval, uit sy eie Klassistiese, Romanistiese, militaristiese ryksperspektief. Voltaire, in middel-Moderniteit, het 'n hermeneutiek uit 'n Verligtingsperspektief ontwerp, sterk Neo-Klassisisties, deur die Antieke Klassieke tradisie as fundamenteel tolerant teenoor meningsverskil voor te stel en deur enige suggestie dat vroeë Christene oor hulle geloof vervolg is, toe te smeer. Tegelykertyd het hy die Christene van sy tyd (dikwels tereg) voorgestel as onregverdig, krimineel en gewelddadig, veral teenoor afwykende menings. Sy naturalistiese neigings, wat sy liberalisme weerspreek ('n intolerante propagering van toleransie), moes bygedra het tot die skrikwekkende vervolging van oninskiklike Christene gedurende die 1789 Rewolusie. Latere naturalistiese liberaliste, soos Dide en Booms en verskeie anti-Christelike blaaie op die internet, het hulle inspirasie gevind (soms teen sy intensie) in Voltaire se kritiek op die Christendom.

Keywords : Apologetiek; toleransie [verdraagsaamheid]; Neo-Klassisisme; Vico; boek; hermeneutiek; praktikalisme; Natuur; Rede; statisme; vrede.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License