SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 número2A neglected facet of the legacy of D.F. Malherbe: Art - independent and dependentThe role of God in the father/son relationship during identity formation - a Gestalt theoretical perspective índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

FERREIRA, C  y  SCHULZE, S. Facilitating spiritual intelligence in South African secondary school learners. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.2, pp.1-8. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel is gemotiveer uit kommer oor die uitdagings van 'n spirituele aard en binne die konteks van morele verval, waarvoor sekondêreskool-leerders in Suid-Afrika te staan kom. Die doel was dus om onderrigstrategieë te ontwikkel wat veral Lewensoriëntering-onderwysers kan gebruik om spirituele intelligensie in leerders te fasiliteer, met in agneming van godsdienstige en kulturele diversiteit. Met dié doel voor oë is 'n program om spirituele intelligensie te ontwikkel uit die literatuur ontwerp en geïmplementeer binne die raamwerk van sosio-konstruktivisme. Doelbewuste steekproefneming is gebruik om tien Graad 11-leerders in 'n sekondêre skool in Pretoria te selekteer. Die program is met die leerders geïmplementeer in sewe kontaksessies oor 'n periode van drie maande. Om die program te evalueer het die studie 'n kwalitatiewe gevallestudie-ontwerp gebruik. Kontinue evaluering is gedurende hierdie tyd gedoen deur middel van aktiwiteite wat leerder-refleksie stimuleer, asook informele onderhoude, fokusgroepe, semi-gestruktureerde onderhoude, observasie en 'n joernaal met navorser-refleksies. Die bevindinge van hierdie eksploratiewe studie toon aan dat sekere inhoude en opvoedkundige stragtegieë spirituele intelligensie van sekondêreskool-leerders kan fasiliteer.

Palabras clave : Spirituele intelligensie; sekondêreskool; opvoedkundige strategieë; sosio-konstruktiwisme.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons