SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 número1The central place of a life - and worldviewThe struggle around the direction of Western culture índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

VAN ZYL, André  e  THOMAS, Adele. Academic honesty: Perceptions of millennial university students and the role of moderating variables. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.1, pp.1-15. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/KOERS.V80I1.2210.

Die insidensie van studente akademiese oneerlikheid is 'n toenemende probleem beide op nasionale en internasionale vlak en universiteite is besig om strategieë in plek te sit om hierdie problem aan te spreek. Die eerste studiejaar is 'n kritieke moment vir die vestiging van gepaste akademiese waardes omdat dit die fondament lê vir die daaropvolgende studiejare. Die huidige studie vorm deel van 'n groter projek wat die persepsies van sogenaamde milleniale generasie eerstejaarstudente oor akademiese eerlikheid by 'n groot publieke universiteit in Suid Afrika ondersoek het. Die doel van die ondersoek was om tendense in die persepsies van studente wat tussen 2011 en 2012 die universiteit betree het asook die onderlinge verwantskappe tussen verskeie sub-groepe in verband met akademiese eerlikheid te ondersoek. Die huidige studie het ook gepoog om die bevindinge van die 2011 studie te valideer. Die populasie waaruit die steekproef geneem is het bestaan uit al 22 442 studente wat die Universiteit tydens die 2011 en 2012 akademiese jare vir die eerste keer betree het. Gekombineerde strategie steekproefneming, gevolg deur trossteekproefneming is gebruik om 'n steekproef van 5 730 studente (3 611 in 2011 en 2 119 in 2012) te selekteer. Die steekproef was demografies gesproke verteenwoordigend van die institusionele student profiel. Vir die doel van hierdie studie is die 2011 steekproef van Thomas en van Zyl (2012) (3 611 studente) en die 2012 steekproef (2 119 studente) gekombineer. 'n Vraelys wat vanuit die litteratuur ontwikkel is en wat uit 12 eties gelaaide stellings bestaan het, is as navorsingsinstrument gebruik. Die data van die 2012 steekproef is vergelyk met die data van Thomas en van Zyl (2011) en die chi-kwadraat toets met gestandardiseerde residue is gebruik om die statistiese verband tussen verskillende sub-groepe en hul persepsies oor akademiese eerlikheid te ondersoek. Tendense wat daarop dui dat studente die betekenis van akademiese oneerlikheid verstaan, maar dit as 'n relatiewe konsep beskou, was waarneembaar in beide steekproewe wat hier ondersoek is. Die studente het aangedui dat hul oortuiging dat "reg en verkeerd slegs 'n kwessie van persoonlike oortuiging is" en dat "idees nie aan iemand kan behoort nie maar dat hulle vryelik beskikbaar en bruikbaar moet wees" belangriker is as konsepte wat tradisioneel verband hou met akademiese oneerlikheid. Dit impliseer dat hierdie studente dikwels die akademie betree met persepsies oor akademiese oneerlikheid wat verskil van die tradisionele akademiese verstaan wat op die belangrikheid van egtheid in die akdedemie gegrond is. Die huidige studie het verskille in sienings gevind tussen verskillende taalgroepe asook tussen die verskillende studierigtings. Hierdie studie beveel aan dat die waardes wat eie is aan die akademie duidelik gekommunikeer sal word in die groter studentegroep. Dit moet gedoen word deur algemene pedagogiese benaderings asook op pasgemaakte maniere wat die behoeftes en aard van verskillende fakulteite asook die verskillende skryfbehoeftes van verskillende taalgroepe in ag neem.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons