SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 issue1Professor Bennie van der Walt: A bridge between white Afrikaners and black AfricansReligion in education: Is there yet another solution? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

AGBIJI, Obaji M.  and  SWART, Ignatius. Christian religious leadership and the challenge of sustainable transformational development in post-military Nigeria: Towards a reappraisal. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.1, pp.1-13. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/koers.v80i1.2212.

Hierdie artikel poog om 'n eerste bydrae te maak tot 'n herwaardering van die wyse waarop die Christelike godsdienstige leierskap in Nigerië besig is om 'n nuwe weg te baan in sosiale transformasie wat die potensiaal het om volhoubare transformasionele ontwikkeling in dié land te bewerkstellig. Hierdie doelwit word bereik deur eerstens 'n kontekstuele oriëntering te bied van hoe die twee breë terreine van politieke staatsbestuur en ekonomiese ontwikkeling hulself as heersende sosiale uitdagings in hedendaagse post-militêre Nigerië aanbied. Dit word gevolg deur 'n bespreking van leierskap as 'n primêr oorsaaklike en bevrydende faktor in die realisering van volhoubare transformasionele ontwikkeling beide in Nigerië en die samelewing van Afrika in die breë. Hierna verskuif die bespreking na die sentrale fokus van die artikel, naamlik om op grond van 'n literatuur- en empiriese ondersoek te beweeg na 'n herwaardering van die Christelike godsdienstige leierskap as 'n ontluikende beweging vir volhoubare transformasionele ontwikkeling in hedendaagse Nigerië by wyse van spesifieke institusionele inrigtings en modusse van sosiale betrokkenheid. Hierdie herwaardering lei die skrywers daartoe om af te sluit met 'n samevattende refleksie nie slegs oor wat hul beskou as die mees uitstaande bydrae tot op hede deur die Christelike godsdienstige leierskap in hedendaagse Nigerië in die bevordering van 'n volhoubare transformasionele ontwikkelingsagenda nie, maar ook as die kritieke uitdagings wat dié leierskap steeds in die gesig staar in die voltrekking van sodanige agenda.

Keywords : Christelike godsdienstige leierskap; post-militêre Nigerië; volhoubare transformasionele leierskap; Afrika-samelewings; politiese oorsig; ekonomiese ontwikkeling; Christian Association of Nigeria (CAN).

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License