SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 issue1Reflecting on our past: Reconciling a divided nation through listeningThe central place of a life - and worldview author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

BRUGGER, Tobias  and  KRETZSCHMAR, Louise. Integrating Christian living and international management. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.1, pp.1-9. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/koers.v80i1.2206.

Hierdie artikel ondersoek die moontlikheid hoe 'n Christelike lewenswyse en internasionale bestuurspraktyk geïntegreer kan word. Ons redeneer dat dualistiese en onderwerpende opvattinge oor die verhouding tussen geloof en werk in internasionale bestuursteorie en in sommige Christelike Teologiese benaderinge tot sake-etiek waargeneem kan word. Net so word 'n skeiding tussen geloof en werk deur sekere bestuurspraktisyns ingeneem. Sulke dualistiese en onderwerpende opvattinge is egter onvoldoende in die lig van die werklike beoefening van internasionale bestuur. 'n Gevallestudie het geopenbaar dat internasionale bestuursteorie en praktisyns gekritiseer kan word vanweë 'n gebrek aan die inagneming van die verbintenis tussen geloof en die bestuurspraktyk. 'n Heroorweging van internasionale bestuurspraktyk sonder die kunsmatige skeiding van geloof en beoefening is noodsaaklik. Dit vereis die ontwikkeling van 'n nie-dualistiese benadering tot die Christelike lewenstyl en 'n kombinasie van konsepsuele en empiriese navorsing om die feitelike praktyk in internasionale bestuurskontekste te ondersoek.

Keywords : Christelike lewenswyse; internasionale bestuurspraktyk; skeiding tussen geloof en werk; nie-dualistiese benadering tot Christelike lewenswyse.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License