SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 número1B.J. van der Walt's concentration problem índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

LOUW, D. J.. Poetic seeing in visual arts and theology. Aesthetics as a spiritual and loving gaze within the human quest for meaning. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.1, pp.1-13. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/koers.v80i1.2207.

Die mens is wesenlik homo aestheticus en nie in die eerste plek homo faber nie. In die lig van die estetiese funksie van 'n poëtiese skoue kan 'n netwerkverband tussen kuns, spiritualiteit en die mens se soeke na sin voorveronderstel word. Dit is basies onmoontlik om kuns finaal te definieer. Tog het kuns op een of ander manier te doen met 'ver-beeld-ing', inspirasie en kreatiwiteit. Kuns dring die sfeer van die onsienlike binne en 'maak' op 'n skeppende wyse die onsienlike in objekte en visuele waarneming, sigbaar; dit werk heuristies en kreatief-ontdekkend; dit penetreer die sogenaamde 'idee' agter dit wat mens in die fenomenologie van waarneming 'sien'. Kuns is in 'n sekere sin ikonies en staan in verband met transendensie. Kuns breek brute werklikheid oop en is 'n soort van venster vir sinvolle spirituele ervaringe en religieuse denke. Ernstige kuns kan beskou word as 'n vorm van heling op die vlak van 'spirituele gesondheid' (wholeness). Die basiese hipotese is dat die visuele kunste teologie kan help om bestaande, geykte vorme van teologisering, te transformeer. So byvoorbeeld kan die imperialistiese pantokrator-idee van'n 'onveranderlike, teïstiese God' (omni-kategorie) deur middel van religieuse estetika verskuif na die sensitiewe 'Mee-lydende God' (patos-kategorie): God nie as kousaliteitsbeginsel nie maar as Lewende Verbondspartner.

Palavras-chave : homo aestheticus; visuele kunste; poëtiese skoue; sin in lyding; estetika; verbeelding; teologie en Godskonsepte; teopasgitisme.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons