SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

VAN DER WALT, JL. Education from a post-post-foundationalist perspective and for post-post-foundationalist conditions. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.1, pp.1-8. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/KOERS.V80I1.2211.

Daar is, gesien vanuit Westerse histories-filosofiese perspektief, ten minste drie breë filosofiese oriëntasies op grondslag waarvan die Christenopvoeder sy or haar pedagogiese taak kan uitvoer. Die eerste is om vanuit 'n modernistiese (foundationalistiese, rasionalistiese) perspektief die beginsels en riglyne wat uit die Skrif verkry word te giet in 'n samehangende en alomvattende teorie wat deterministies toegepas kan word ten einde sekere uitkomste met die opvoedingshandeling te verseker. Die tweede is presies die teenoorgestelde hiervan, naamlik om post-foundationalisties op te voed aan die hand van 'n losse versameling Bybelse beginsels en waardes, en in werklikheid te verwag dat die kind of die jongmens maar deur die hedendaagse postmoderne doolhof moet voortstrompel. Die derde oriëntasie, waarna in hierdie artikel verwys word as post-post-foundationalisties en wat dalk ook gepas is vir die huidige postmoderne omstandighede, laat die opvoeder toe om effektief tussen hierdie twee uiterstes deur te stuur.

Palavras-chave : Christelike opvoeders; foundationalisties; post(post) foundationalisme; postmoderne toestande.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons