SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

STRAUSS, Danie. Between postmodernism, positivism and (new) atheism. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.1, pp.1-10. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/koers.v80i1.2209.

Die Renaissance-waardering van die mense se outonomie het uitgeloop op die verheffing van die menslike verstand as die formele wetgewer van die natuur. Nogtans sou die wetenskapsfilosofie van die twintigste eeu erkenning verleen aan die noodsaaklikheid van 'n teoretiese verwysingsraamwerk (paradigma) en 'n diepste (meer-as-rasionele) grondoortuiging. Die historisme en die taalwending het die idee van 'n objektief-neutrale rede gerelativeer en bygedra tot die ontstaan van die postmodernisme. Na 'n bespreking van die onderskeiding tussen liniêre en nie- liniêre denke is aangetoon dat Derrida universaliteit buite die menslike gees erken. Die ontkenning van ontiese universaliteit het die nominalistiese oriëntasie van die moderne biologie, veral sedert Darwin se Origin of Species beïnvloed - wat konsekwent die realiteit van tipe-wette misken het. Betower deur die slagspreuk van Leibniz dat die natuur nie spronge maak nie sien Darwin natuurlike seleksie bloot as 'n beliggaming van die oorkoepelende wet van kontinuïteit. Darwin was in twee verdeel tussen sy biologies-non-progressionistiese benadering en sy sosiaal-kulturele konserwatisme waarin die idee van vooruitgang dominant was. Meer onlangs sou die nuwe ateïsme natuurwette goddelik ag en met die menslike rede vereenselwig, met Hawking wat selfs beweer dat die swaartekragwet uit niks die heelal sal skep. Ten slotte is die fisikalisme aan immanente kritiek onderwerp, is die aanspraak dat die wiskunde eksak is bevraagteken en is saaklik aandag geskenk aan enkele resente probleme waarmee die neo-Darwinisme worstel.

Palavras-chave : outonomie; wetgewer; historisme; paradigm; grondoortuiging; ateïsme; epigenetiese informasie; van nêrens af ontstaan.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons