SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

POTGIETER, J.H.L.S.. Claude le Jeune en Theodore de Bèze: 'n Eerste ontmoeting in die Dix Pseaumes ... en forme de Motets van 1564. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.4, pp.1-9. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/KOERS.V79I4.2179.

In hierdie artikel word Claude Le Jeune se Dix Pseaumes ondersoek, met spesiale aandag vir die historiese konteks. Die Dix Pseaumes het ontstaan tydens die beginfase van die Franse Godsdiensoorloë, tussen die Edik van Amboise op 19 Maart 1563 en die publikasie van die Dix Pseaumes in 1564. Le Jeune was die komponis en Theodore de Bèze het die tekste berym. Laasgenoemde se invloed op die Franse Protestante se visie op gewapende weerstand maak sy verbintenis met die Dix Pseaumes besonder interessant. In hierdie artikel word geargumenteer dat die psalms in hierdie werk doelbewus in 'n nie-opeenvolgende orde geplaas is, en dat dit saamhang met die politieke situasie van daardie tyd. Dit is duidelik dat die tekste gekies is om die bewussyn van die Franse Protestante se besondere situasie te reflekteer. Dit word in besonderhede uitgewerk met betrekking tot die openingspsalm (Psalm 96), maar kan ook in die ander psalms waargeneem word. Die slotpsalm (Psalm 81) sluit af met 'n vermaning oor die volk se onbedagsaamheid omdat hulle God se juk weerstaan het. Die hardnekkige ongehoorsaamheid van die volk word geblameer vir die hartseer toestand in die land. Hierdie droewige noot vind weerklank in die geestelike lied, Mais qui es-tu, waarmee Le Jeune se versameling afgesluit word.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License