SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 issue4Critical prophecy and political leadership in biblical, African and Islamic worldviewsThe Spirit and secularisation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

MEIJER, Gerard J.. Die skoolorde van Genève 1559: 'n Basis vir 'n gereformeerde skoolorde. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.4, pp.1-8. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/KOERS.V79I4.2175.

Calvyn en die onderwys is sinoniem. Behalwe dat sy geskrewe nalatenskap van sy intense besig wees mét en liefde vir die onderwys getuig, het hy hom konkreet vir die daarstel van skole beywer waar die jeug in die vrees van die Here opgevoed word. Nie alleen die inhoud van die onderrig wat die kinders ontvang nie, maar ook die vorm waarin dit aangebied word, asook die leerkragte wat daarby betrokke is, het besondere aandag by Calvyn gekry. Oor alles laat hy die lig van God se Woord skyn. In hierdie artikel word aangetoon hoe hy, gegewe sy eie historiese agtergrond, met die middels tot sy beskikking in die stad Genève gepoog het om 'n skoolstelsel te ontwerp waar kinders en jongmense onderrig word ooreenkomstig die doopsbelofte wat die ouers afgelê het. Calvyn se Geneefse skoolorde van 1559, in samehang met die Geneefse Kerkorde van 1561, gee insae in sy denke en optrede betreffend die onderwys. 'n Poging word aangewend om enkele lyne te trek wat hopelik vir die huidige onderwysgesprek bruikbaar sal wees. Die vraag is of daar te midde van al die skoolbeleide en skoolreëls 'n dringende behoefte aan 'n deeglike grondliggende skoolorde is. Die artikel wil aan hierdie vraag aandag skenk.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License