SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 número4The changing face of American compassion: Ethnicity, religion, and worldview conflictsLife- and worldview: Development and transformation - the case of the Lamba of the Masaiti region in Zambia índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

BRITZ, Dolf. Calvyn se onderrig oor die vyfde gebod. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.4, pp.1-8. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/KOERS.V79I4.2174.

Hierdie artikel gaan Calvyn se uitleg van die vyfde gebod in sy werke na wat op onderrig, insluitende die kategese, gemik was. Agtereenvolgens is die 1536 Institutio, die Instruction et Confession de Foy, gedruk in Genève in 1537 en 1538, l'Institution puerile de la doctrine Chrestienne en die uitgebreide Institutio (1539) ontleed. Hierna word die beroemde Catechismus (1541/1545) onder die loep geneem. Die oorweging van La maniere d'interroguer les enfans qu'on veut recevoir a la cene Seigneur Iesus Christ (1553) voltooi die navorsing. Die vraag aan hierdie werke van Calvyn is nie beperk tot die inhoud van Calvyn se uitleg nie, maar ook of daar 'n teologiese ontwikkeling af te lees is. Die gevolgtrekking is dat Calvyn die basiese trajekte van sy uitleg aangevul en ingeklee het, maar dat die 1539 Institutio die mees volledige en gefinaliseerde uitleg bevat. Hierbenewens het Calvyn in die uitgewerkte Catechismus nie alles wat byvoorbeeld in die 1539 Institutio (en ook sy kommentare op Eksodus, Deuteronomium, Efesiërs en Kolossense) na vore gebring is, ingesluit nie. Dit was waarskynlik om pedagogiese redes gedoen.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons