SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 número4The death of a leader: Calvin commenting on Joshua in the last year of his life (1563)Calvin's view on the book of the Acts of the Apostles índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 0023-270X

Resumo

D'ASSONVILLE, Victor E.. Die teoloog as sendeling - Op soek na 'n sleutel vir Calvyn se sendingbeskouingDie teoloog as sendeling - Op soek na 'n sleutel vir Calvyn se sendingbeskouing. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.4, pp. 1-9. ISSN 0023-270X.  http://dx.doi.org/10.4102/KOERS.V79I4.2183.

Die bewering dat die Reformatore en by name Calvyn weinig of geensins in sending geïnteresseerd was nie, is nie nuut in die kerkgeskiedskrywing nie. Ten spyte van vele studies wat deur die loop van jare die teendeel aangetoon het, kom hierdie bewering ongekwalifiseerd steeds per geleentheid voor, byvoorbeeld in 'n resente publikasie van een van die wêreld se toonaangewende kerkhistorici. Juis na afloop van die internasionale herdenkings van Calvyn se 500e geboortejaar in 2009 en die talle studies en publikasies wat daaruit voortgespruit het, is dit gepas om die vraag op 'n ander manier te belig: Watter teologiese grondmotiewe is belangrik in die sendingbeskouing van Calvyn? Die artikel stel die vraag oor die verhouding tussen sending en Calvyn aan die orde met spesifieke verwysing na die begrip sending, maar ook ten opsigte van sommige ander teologiese vrae. Volgens Calvyn het alle gelowiges 'n verantwoordelikheid in die uitdra van die evangelie. Die adressate van hierdie 'sendingwerk' is alle volke, alle mense, die hele wêreld. Hy bind die sendingtaak ekklesiologies in: vir hom is die kerk (die plaaslike gemeente) slegs kerk, wanneer dit missionêr georiënteerd is.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License