SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 issue4The value of values: A Christian-philosophical reflection on the nature and directional power of valuesThe changing face of American compassion: Ethnicity, religion, and worldview conflicts author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

D'ASSONVILLE, Victor E.. Die teoloog as sendeling - Op soek na 'n sleutel vir Calvyn se sendingbeskouingDie teoloog as sendeling - Op soek na 'n sleutel vir Calvyn se sendingbeskouing. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.4, pp.1-9. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/KOERS.V79I4.2183.

Die bewering dat die Reformatore en by name Calvyn weinig of geensins in sending geïnteresseerd was nie, is nie nuut in die kerkgeskiedskrywing nie. Ten spyte van vele studies wat deur die loop van jare die teendeel aangetoon het, kom hierdie bewering ongekwalifiseerd steeds per geleentheid voor, byvoorbeeld in 'n resente publikasie van een van die wêreld se toonaangewende kerkhistorici. Juis na afloop van die internasionale herdenkings van Calvyn se 500e geboortejaar in 2009 en die talle studies en publikasies wat daaruit voortgespruit het, is dit gepas om die vraag op 'n ander manier te belig: Watter teologiese grondmotiewe is belangrik in die sendingbeskouing van Calvyn? Die artikel stel die vraag oor die verhouding tussen sending en Calvyn aan die orde met spesifieke verwysing na die begrip sending, maar ook ten opsigte van sommige ander teologiese vrae. Volgens Calvyn het alle gelowiges 'n verantwoordelikheid in die uitdra van die evangelie. Die adressate van hierdie 'sendingwerk' is alle volke, alle mense, die hele wêreld. Hy bind die sendingtaak ekklesiologies in: vir hom is die kerk (die plaaslike gemeente) slegs kerk, wanneer dit missionêr georiënteerd is.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License