SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 issue4Economism author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

DE BOER, Erik A.. Die dood van 'n leier: Calvyn se kommentaar op Josua in die laaste jaar van sy lewe (1563). Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.4, pp.1-5. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/KOERS.V79I4.2173.

In die vroeë moderne periode is die testament, dood, begrafnis en begrafnistoesprake van openbare figure dikwels noukeurig opgeteken. Sulke verslae gee weer watter agting daar vir hierdie leiers was, soos die voorbeeld van Martin Luther duidelik aantoon. Ofskoon die verslag van Johannes Calvyn se afsterwe eenvoudiger lyk, fokus die verhaal van sy laaste dae veral op sy afskeidsredes. Die oorblywende manuskripte van Calvyn se bydraes aan die Bybelstudie oor Josua in 1563-1564 getuig hoe hy bewustelik oor sy eie sterflikheid gereflekteer het. Hoe het hy, hulle voorsitter, gedurende die laaste jaar van sy lewe die Vergadering van Predikante toegespreek tydens die behandeling van die boek Josua in die weeklikse congregations? Sowel die einde van die Harmonie op die Pentateug as die einde van die kommentaar op Josua behandel afskeidsredes van Israel se leiers. Het Calvyn die Ou-Testamentiese profete en leiers met die predikante van Genève vergelyk? Die akademiese diskussie oor Calvyn se persepsie van homself as profeet is deel van die diskussie oor sy selfbewussyn in die laaste jaar van die kollegiale uitleg van die Bybel.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License