SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 issue3The formation of Christian leaders: A Wesleyan approachFemale leaders in an international evangelical mission organisation: An empirical study of Youth With A Mission in Germany author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

BASDEN, Andrew. Die verstaan van artefakte verwant aan menslike aspekte: Die geval van inligtingstegnologie en -sisteme. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.3, pp.01-10. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/koers.v79i3.2156.

Hierdie artikel het twee doelwitte. Die eerste doelwit is om Stafleu se idees oor artefakte te kritiseer en uit te brei. Die tweede doelwit, wat as 'n demonstrasie van hierdie uitbreiding beskou kan word, is om 'n uiteensetting van inligtings-en kommunikasietegnologie (IKT) as 'n tipe artefak te bied, sowel as om na die gebruik daarvan in die menslike lewe, as inligtingsisteme (IS), te verwys. IKT is 'n tipe artefak wat meer kompleks is as daardie artefakte wat deur Stafleu se idee gedek word. IKT is al op minstens vyf maniere benader: die kunsmatige intelligensie-kwessie oor wat die rekenaar is, die rekenaarkwessie oor die generering van sagteware-biblioteke, hoe goeie inligtingstelsels ontwikkel kan word, die vraag oor die voordele en skade in die gebruik van IKT, en die vraag oor die wedersydse impak van IKT en die samelewing. 'n Belangrike sesde vraag handel oor die uiteenlopende aard van die navorsing soos dit in bogenoemde na vore kom, wat verder gaan as Stafleu se idee van wetenskaplike navorsing om ontwerp, interpretatiewe en kritiese navorsing in te sluit. 'n Kort oorsig van die hoofstroom-benaderings word vir elk van hierdie ses kwessies uiteengesit, gevolg deur 'n benadering wat gebaseer is op aspekte van Dooyeweerd se filosofie. In die laaste twee afdelings word aangedui hoe Dooyeweerd se filosofie van waarde kan wees in hierdie ses areas, asook hoe navorsing in hierdie areas op hulle beurt 'n bydrae kan lewer tot Dooyeweerdiaanse filosofie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License