SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 número3When the second man takes the lead: Reflections on Joseph Barnabas and Paul of Tarsus and their relationship in the New TestamentThe formation of Christian leaders: A Wesleyan approach índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

STRAUSS, Danie F.M.. Sistematiese oorwegings in die Wysbegeerte van die Wetsidee. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.3, pp.01-09. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/koers.v79i3.2157.

Stafleu het homself onderskei met baanbrekerswerk op die gebied van die teoretiese grondslae van die fisika. Hy het mettertyd sy blikveld verbreed en ook die terrein van die algemene filosofie betree - insluitende nadenke oor artifakte en tegnologie. In sy waardering van wat ek in my 2009 werk oor filisofie as wetenskap van die wetenskappe gedoen het, het hy 'n aantal sake uitgelig waarop ek reageer in wat hieronder volg. In sommige gevalle blyk dit dat ons daarna streef om dieselfde stand van sake op verskillende maniere aan te dui, hoewel daar in ander gevalle egte uiteenlopende sienings na vore tree. Stafleu se beswaar teen die uitdrukking 'soewereiniteit-in-eie-kring', naamlik dat geen modale aspek deur 'n soewerein geregeer word nie, openbaar 'n misverstand rakende metaforiese taalgebruik, wat gevolglik aanleiding gee tot 'n kernagtige bespreking van analogieë en metafore. Die gekompliseerde uitdaging om 'n toepaslike aanduiding van die kern-sin van die fisiese aspek te vind ontvang ook aandag, sowel as die onderskeiding tussen modale wette en tipe-wette. Die aard van die transendentaal-empiriese metode word saaklik toegelig. In die verlede het dit daartoe aanleiding gegee dat ek ook aandag aan beide die sosiale en kultuur-historiese aspekte van die werklikheid sou gee en om sommige implikasies daarvan vir die aard van tegnologie en gereedskap aan die orde te stel. Stafleu bring inderdaad 'n nuwe en insigvolle diskussie oor besondere menslike vaardigheid na vore - wat telkens deur uiteenlopende modale aspekte gekarakteriseer word.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons